20 - 21 April Dit is die dag van Errol se oudisie. Neville noem aan Felicity dat hy keelvol is vir al die geheime en Xander konfronteer Felicity. Tim speel so reg in Gita se kraal. Danny besef uiteindelik dat Kagiso haar nog die heeltyd net gebruik. Zinzi daag uit die bloute op by Oppiekoffie. Matrone en Brenda ontmoet. Neville belowe Felicity dat hy vir Charmaine van hul verhouding sal vertel. Danny vra Marko se hulp om Kagiso te ontmasker.